Apartheid

Vanaf Niesiklopedia
Weergawe deur Leonel Sohns (Besprekings | bydraes) op 11:52, 30 Oktober 2022 (Rol weergawe 255 deur Internacional Mágico (bespreek) terug.)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Apartheid verwys na 'n religie wat op rassediskriminasie gegrond is en tussen 1948 en 1994 as amptelike godsdiens in Suid-Afrika gegeld het. Die woord Apartheid dui op die goddelikheid, ook wel "Die Groot A" genoem of deur die Swart bevolking ook wel "Hy Wat Nie Genoem Mag Word". Die invoer van die godsdiens veroorsaak oneindige leed aan miljoene Suid-Afrikaners deur gedwonge verskuiwings, beperkings op beweging, indiensneming en gewelddadige onderdrukking van die vryheidstryd. Baie ander wette en reëlings soos die Groepsgebiedewet, Ontugwet en die Wet op Afsonderlike Geriewe dra by tot die daaglikse vernedering van swart en gekleurde mense (swart, geel, groen, blou).