Hulp:Inhoud

Vanaf Niesiklopedia
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Niesiklopedia is 'n groot plek wat mens soms nogal deurmekaar kan maak. "Waar kry ek...?" "Waar kan ek...?" "Hoe moet ek...?" Hierdie bladsy poog om al daardie vrae te beantwoord. Maak gerus ook 'n draai by die Gebruikersportaal of, indien u steeds nie 'n antwoord op u vraag kry nie, vra dit gerus in die Geselshoekie.


Oor (die) Niesiklopedia[wysig]

Wat is 'n Wiki?[wysig]

A. Sien Wat is 'n wiki?

Hoe lank bestaan Niesiklopedia al?[wysig]

A. Sedert 20 Julie 2011. 'n Vroeë weergawe van die Niesiklopedia het vir 'n paar maande bestaan by Oncyclopedia.org. Die projek is 'n inisiatief van Uncyclomedia.org en is gebaseer op die konsept van Uncyclopedia (Uncyclopedia het verder niks te maak met Niesiklopedia nie!).

Wie is die eienaar van Niesiklopedia?[wysig]

A. Die Uncyclomedia Stigting (UnMeta) is in beheer van al die Uncyclomedia-projekte (waaronder ook Niesiklopedia) en hulle is ook die eienaars van die bedieners waarop Niesiklopedia gehuisves word.

Wie is die eienaar van die tekste op Niesiklopedia?[wysig]

A. Die tekste op Niesiklopedia, waaronder artikels, hulpbladsye, ens., word vrygestel onder die CreativeCommons-lisensie vir semi-vrye dokumentasie (BY-NC-SA). Dit beteken dat die eienaar van enige teks die skrywer daarvan is, maar dat so 'n skrywer op weinige outeursregte aanspraak het. Solank gebruikers van Niesiklopedia hulle by hierdie lisensie hou (die belangrikste vereiste is dat enige verspreiding of hergebruik ni onder 'n kommersiële lisensie moet gebeur ni), kan enige persoon met die tekste doen wat hulle wil.

Wie vorm die redaksie van Niesiklopedia?[wysig]

A. Medewerkers (gebruikers) wat baie bydra en die administrateurs word dikwels deur die buitewêreld as Niesiklopedia se redaksie gesien, maar dit is nie 'n feitelik akkurate waarneming nie. Niesiklopedia het nie 'n redaksie in die tradisionele sin van die woord nie. In prinsiep kan enige persoon 'n artikel skep, wysig of dophou (om te kontroleer vir onakkuraatheid van feite, subjektiewe standpunt en moontlike vandalisme). Dus vorm enige persoon wat 'n bydrae lewer (maak nie saak hoe klein nie) deel van die redaksie, alhoewel hierdie woord self nooit by Niesiklopedia gebruik word nie.

Hoe kan ek Niesiklopedia help bekendstel?[wysig]

A. 'n Goeie vraag. 'n Goeie idee is om 'n skakel hierheen op u eie webblad te plaas (en moontlik aan u kennisse te vra om dieselfde te doen). U kan berigte plaas in die koerante of op kennisgewingborde van universiteite of skole en ander onderwysinstellings. U kan eienaars van ander webwerwe vra om 'n skakel na Niesiklopedia op hulle bladsye te plaas. Indien u humor het wat geleerdes is in 'n vakgebied, kan u hulle vra om dié humor met die wêreld te deel in die betrokke artikel.

Die antwoord op my vraag was nie op hierdie bladsy nie. Wat moet ek nou doen?[wysig]

A. Stel gerus enige vrae wat u mag hê in die Geselshoekie. Afhangende van die aktiwiteit van die ander gebruikers kan u u antwoord binne 'n dag of twee, of selfs binne 'n paar uur hê.